HAWAIIN STIR FRY BRAAI SLAAI
500 g Hawaiin stir fry mix groente sonder pynappel
½ koppie suiker
½ koppie asyn
½ teelepel sout
½ teelepel borrie
1 teelepel meduim kerriepoeier, gelyk geskraap
227 g geblikte pynappel ringe
30 ml sweet chilli sous
2 teelepels maizena, aangemaak met so 50 ml water
3 eksta murgpampoentjies, in repies gesny
Kook murgpampoentjies vir ‘n paar minute en voeg “stir Fry” by. Kook net ‘n klein rukkie, moenie pap kook nie, moet nog krakerig wees.
Gooi al die water af en sit terug in pot. Sny pynappelringe in stukkies en voeg by groente, gooi pynappelsous in maatbeker en meng res van bestanddele buiten maizina daarby. Sit mengsels by groente en kook lekker vinnig deur, proe of soet genoeg na jou smaak, en sit bietjie suiker by indien nodig. Sit aangemaakte maizina by en kook 3 min. Kyk dat jou sous lekker dik is maar nie te dik nie, want dit word dikker wanneer dit koud is.
Bottel warm in voorbereide bottels, of laat net koud word. Sit in yskas om môre te bedien saam met braaivleis. Hierdie slaai moet tenminste 1 dag staan om regtig heerlik te wees.
Resep aangepas deur Rina Kleinhans
Foto: Rina Kleinhans