

BROOD VAN VARSGEMAALDE KORINGMEEL
Daar was n vraag oor unbleached brood meel. Ek kry my meel van koring wat vars gemaal is en dus met niks behandel is nie. Van ek my brood met dit bak, suiwel, suiker en alle gewone meel gebak uitgesny het en net my brood met vars meel bak, is ek baie gesonder.
Vir ‘n broodjie wat genoeg is vir my en vroulief vir 2 dae, gebruik ek net:
1 kg vars gemaalde meel
1 pakkie gis
20 ml bruin suiker (blykbaar ‘n moet om gis te aktifeer)
20 ml margerien
5 ml sout
sade, soos lus is voor
500 ml lou water
Meng droë bestanddele sonder sade en vryf margerien, in gooi sade by en begin meng met water.
Dit maak ‘n middelmatige slap na stywe beslag. Plaas dit in gesmeerde pan.
Laat rys op warm plek tot dubbeld (ek plaas dit in oond wat op 50º C gestel is vir so 15 – 20 min en haal dan uit)
Bak dan teen 190°C vir 45 min.
Resep en foto: Pieter Pieterse






