

FETA EN KRUISEMENT “QUICHE”
1 rol broskors deeg
1 ui, fyngekap
fyngekapte knoffel na smaak
olie vir braai
5 murgpampoentjies
sout, peper en aromat na smaak
handvol gekapte kruisement blare
Feta kaas
4 eiers
250 ml room
Stel oond op 180ºC.
Rol broskors deeg (short crust pastry) uit en druk vas in jou quiche pan (myne is een met ‘n los bodem)
Bak blind vir 10 minute tot effe goudbruin, sit eenkant.
Braai fyngekapte ui en fyngekapte knoffel tot effe deurskynend in ‘n bietjie olie
Rasper murgpampoentjies en meng dit saam met die uie en roerbraai nog so ‘n paar minute tot die murgpampoentjies effe verlep is, (ek gooi nou sout en peper en aromat by) dreineer gebraaide mengsel in ‘n sif dat vloeistof bietjie uitloop.
Meng mintblare deur die uiemengsel.
Gooi dit in die deegdop en sprei uit, breek stukkies feta en druk orals in die mengsel.
in.
Klop eiers en room saam en gooi bo-oor die groente mengsel. Bak in die oond tot gaar,
Ek kyk gewoonlik na so ‘n halfuur, mengsel moet net net gestol wees.
Dit is heerlik saam met ‘n lekker slaai!
Resep: Dionné Page Olivier






