


TIEN MINUTE MIKROGOLF MIELIEBROOD
Foto en resep: Ina Stevens
2de Foto: Benhet Nieuwenhuis
FOOD LOVERS RECIPES
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
2 eetlepels olie
2 eetlepels suiker
2 eiers
1 blikkie roommielies
Die geheim is om ‘n ring pan te gebruik, dit kom rou uit in die middel in ‘n gewone pan.
Meng alles saam, as beslag baie styf is, voeg bietjie melk by.
Spuit ring pan met spray and cook en voeg paprika binne en teen kante.
Skep beslag in, plaas op omgekeerde piering in mikrogolf en bak vir 10 min teen 100% krag.
Heerlik saam met ontbyt of braaivleis (soet of sout).







geskuif