

MICHELLE SE KRUMMELPAP
Ek kon nooit krummelpap maak nie, maar kry toe hierdie wen resep!
1 ½ koppies water (tot op kookpunt)
gooi sout by.
3 koppies mieliemeel
Gooi die mieliemeel op ‘n hopie in die middel van die water.
MOENIE roer nie. Vat ‘n vleisvurk of die agterkant van jou houtlepel en begin die water in die meel in te meng. MOENIE roer nie.
Ek trek sommer sulke reguit strepe op en af.
Sit deksel op, sit plaat op baie lae hitte en laat stoom.
Roer so kort kort met jou vleisvurk deur.
As dit onder ‘n harde kors begin vorm, is dit reg.
Roer nou klontjies bottel en suiker by! njam
Resep: Michelle Joubert
Foto: Rina Kleinhans
Nota: Ek het gevind die water is bietjie min en omdat ek dit op die gasstoof maak, was die hitte vir my ook bietjie hoog. Ek het toe ‘n ekstra 125 ml kookwater op die kante om gegooi, nie geroer nie en nog so 15 min op die plaat gelos, toe die hele pot met deksel op in die oond gesit teen 130ºC vir ongeveer 1 uur, en die pap is perfek…






