

MA SE VISPASTEI
Kors:
Meng saam tot deeg:
3 groot aartappels, gaar
60 ml margarien
2 eiers, geklits
sout en peper na smaak
10 ml bakpoeier
Vulsel:
1 groot blik pulchards in tamatiesous
200 ml mayonaise
2 uie, fyngekap
pietersielie
30 ml asyn
2 eiers, geklits
knypie rooipeper
Dreineer vis en hou sous eenkant.
Meng res van vulsel behalwe rooipeper saam.
Smeer of spuit oondbak. Smeer kors op bodem en aan kante.
Sit vulsel in kors en gooi die vissous oor. Strooi rooipeper oor.
Bak op 180 ºC vir 30 min.
Bedien saam met soet ertjies.
Resep: Adri Coetzer






