

GEURIGE HOENDER MACARONI
4 hoender borsies gekook tot sag en fyn gesny, of klaar gaar hoender
2 koppies macaroni gekook soos op die aanwysing en die water afgegooi
15 ml olie
1 ui, fyngekap
½ groen soetrissie, fyngekap
15 ml kerrie poeier, medium werk goed, maar as julle van sterkte hou, pas aan
2 koppies botterskorsie blokkies, sny die blokkies maar klein
½ bossie spinasie, gewas en fyngekap
¾ koppie kookwater
1 Hoender “stock” blokkie
Opsioneel: gerasperde kaas
Berei die hoender en macaroni voor en plaas eenkant.
In bietjie olie braai die uie en green pepper net tot sag.
Sit die kerriepoeier by en braai ‘n rukkie terwyl jy heeltyd roer.
Los die sous blokkie op in die kookwater.
Sit nou die botterskorsie, spinasie, en souswater by die uie mengsels in die pot en laat stadig kook vir 20 min tot die groente sag is, roer af en toe.
Wanneer die groente sag is, haal van die plaat af, meng nou jou hoender en macaroni in, meng goed deur en laat alles net goed warm word deur dit nog ‘n rukkie op ‘n lae plaat te sit.
OPSIES
Maak genoeg witsous, meng dit deur jou mengsel, skep in ‘n oondbak, strooi gerasperde kaas oor en bak vir 30 min by 180º C.
OF
Meng net lekker baie gerasperde kaas, sommer Cheddar en Parmazan saam en gooi lekker dik bo-oor en sit in die oond tot kaas gesmelt het en alles mooi verkleur het by 180º C.
Foto: Marika Tegmann – ek het Cheddar en Parmazan saam gerasper en ook witsous gemaak vir hierdie foto.






