


SUURLEMOEN ROOMKOEK MET LEMON CREAMS
240 g botter
320 g strooisuiker
gerasperde skil en sap van ‘n ½ suurlemoen
4 groot eiers
480 g koekmeel
20 ml bakpoeier
2 ml sout
250 ml melk
Klop die botter tot lig. Voeg suiker bietjies bietjies by. Hou aan klop tot lig.
Voeg suurlemoen skil by en eiers een vir een. Klop goed na elk.
Sif meel, bakpoeier en sout saam en vou by eier mengsel om die beurt met die melk.
Vou bestanddele saam tot goed gemeng.
Gooi in 2 voorbereide panne.
Bak in ‘n voorverhitte oond van 180°C vir 30 – 35 minute of tot toetspen skoon uitkom.
Haal uit oond en laat vir 10 min afkoel. Keer koeke uit.
Maak ‘n halwe pak lemon creams in voedsel verwerker tot baie fyn.
Maak gewone botterversiersel en die res van die ander halwe suurlemoen se skil en sap by gevoeg.
Het ‘n laag versiersel tussen die koeke gesit, ‘n lekker dik laag krummels en weer ‘n laag versiersel.
Het die koeke buite versier en ‘n laag krummels aan die kante en bo-op die koek gesit.
Resep en foto: Nicolette Pappas






