MEESTERLIKE BAKLAVA
1 pak fillo deeg met 12 velle wat ons halveer het (24 stukke enkel velle) wat ontdooi is soos voorgeskryf. Trim die velle om jou bak of bakplaat te pas.
Hou velle wat nie in gebruik is nie met ‘n klam handdoekpapier toe om uitdroging te voorkom.
Smeer die sye en bodem van die bakpan met botter.
Begin dan met die sous wat moet afkoel terwyl die baklava voorberei word.
Voeg in ‘n medium souspan:
1 koppie suiker
½ koppie heuning
2 eetlepels suurlemoensap
¾ koppie water
Bring mengsel tot kookpunt op medium hitte terwyl geroer word en tot diesuiker opgelos is.
Verminder hitte tot laag en kook vir ‘n verder 4 minute sonder om te roer.
Verwyder van hitte en laat staan om af te koel.
Voorverhit oond tot 160°C.
Maak 4 pakkies van 100 g elk se walnuts fyn in voedselverwerker of sommer met ‘n roller en meng dit met ‘n teelepel kaneel (4 koppies).
Pak 6 gebotterde lagies filo deeg op bodem van bak.
Strooi omtrent ‘n koppie neute oor die velle deeg en herhaal nog drie keer.
Pak die laaste laag weer 6 velle heel bo-op.
Bak vir omtrent 40 min tot effens bruin.
Gooi stroop oor en laat heeltemal afkoel.
Sny in blokke en geniet saam met roomys.
Foto: Gideon Louw
geskuif