

HEELPIT MIELIE MUFFINS
150 ml vars of gevriesde heelpit mielies
100 ml melk
225 g bruismeel
100 ml poeierbiltong (selfgemaakte biltong sommer fyn geraper)
3 eiers, liggies geklits
80 ml gesmelte botter
½ teelepel sout
Meng 100 ml mielies en die botter saam met die melk.
Sif die meel en sout in n aparte bak en voeg die biltong, kaas en die res van die mielies by en meng. Voeg die eiers by die melk en botter mengsel. Vou dit in by die meelmengsel. Moenie oor meng nie.
Vul die holtes 3/4 vol van ‘n gespuite silikon pan met twaalf holtes.
Bak vir 20 tot 25 min in ‘n voorverhitte oond op 200ºC of totdat ‘n toetspen skoon uitkom.
Ons het ekstra filo deeg strokies wat ons ekstra gehad het die pannetjies mee uitgevoer en toe die deeg ingeskep.
Ons het dit saam met botter en konfyt geniet.
Ek’t ‘n bietjie meer biltong smaak verwag, was maar effens.
Foto: Gideon Louw






