

MAKLIKE HERTZOGGIES
Foto en resep: Elaine Steyn Steyn
FOOD LOVERS RECIPES
24 – 28 koekies
KORS:
375 ml (1½ koppie) koekmeel
5 ml (1 teelepel) bakpoeier
100 ml strooisuiker
knippie sout
125 ml (½ koppie) botter
2 eiers, geskei
5 ml (1 teelepel) vanilla geursel
60 ml (¼ koppie) melk
VULSEL:
2 eierwitte
80 ml (¹⁄³ koppie) strooisuiker
250 ml (1 koppie) droë klapper
1 blik (225 g) gladde appelkooskonfyt
Voorverhit die oond tot 180 °C en bespuit ’n kolwyntjiepan met kossproei.
Kors-
Sif die meel, bakpoeier, strooisuiker en sout in ’n mengbak.
Rasper die botter by en vryf die mengsel liggies saam tot dit soos broodkrummels lyk.
Klits die 2 eiergele, vanielje en melk saam, giet dit by die meelmengsel en sny dit met ’n bottermes in.
Knie liggies, vorm in ’n bal, draai in kleefplastiek toe en verkoel dit 20 minute in die yskas.
Rol die deeg 3 mm dik op ’n oppervlak uit wat liggies met meel bestrooi is.
Druk met ’n ronde koekiesnyer sirkels uit wat effens groter as kolwyntjieholtes is.
Plaas die deegsirkels in die kolwyntjiepan en bak 15 minute blind (met droë bone in).
Vulsel-
Klits die 2 eierwitte tot stywe punte vorm. Voeg die suiker geleidelik by terwyl jy klits tot die eierwitte styf en glansend is. Vou die klapper in.
Vul die deeg met ’n teelepel konfyt. Skep die eierwitmengsel boop en bedek die konfyt heeltemal. Bak 8 tot 10 minute tot die meringue goudbruin is.
NOTA: Ek het nie die deeg vooraf gebak nie. Het alles saamgebak tot mooi bruin.
Ongeveer 20-25 minute.






