MAKLIKE HERTZOGGIES


MAKLIKE HERTZOGGIES
Foto en resep: Elaine Steyn Steyn
FOOD LOVERS RECIPES
24 – 28 koekies
KORS:
375 ml (1½ koppie) koek­meel
5 ml (1 teelepel) bak­poei­er
100 ml strooi­sui­ker
knip­pie sout
125 ml (½ koppie) botter
2 ei­ers, ge­skei
5 ml (1 teelepel) va­nilla geursel
60 ml (¼ koppie) melk

VULSEL:
2 ei­er­wit­te
80 ml (¹⁄³ koppie) strooi­sui­ker
250 ml (1 koppie) droë klap­per
1 blik (225 g) glad­de ap­pel­koos­kon­fyt

Voor­ver­hit die oond tot 180 °C en be­spuit ’n kol­wyn­tjie­pan met kos­sproei.
Kors-
Sif die meel, bak­poei­er, strooi­sui­ker en sout in ’n meng­bak.
Ras­per die bot­ter by en vryf die meng­sel lig­gies saam tot dit soos brood­krum­mels lyk.
K­lits die 2 ei­er­ge­le, va­niel­je en melk saam, giet dit by die meel­meng­sel en sny dit met ’n bot­ter­mes in.
K­nie lig­gies, vorm in ’n bal, draai in kleef­plas­tiek toe en ver­koel dit 20 mi­nu­te in die ys­kas.
Rol die deeg 3 mm dik op ’n op­per­vlak uit wat lig­gies met meel be­strooi is.
Druk met ’n ron­de koe­kie­sny­er sir­kels uit wat ef­fens gro­ter as kol­wyn­tjie­hol­tes is.
Plaas die deeg­sir­kels in die kol­wyn­tjie­pan en bak 15 mi­nu­te blind (met droë bo­ne in).
Vulsel-
K­lits die 2 ei­er­wit­te tot sty­we pun­te vorm. Voeg die sui­ker ge­lei­de­lik by ter­wyl jy k­lits tot die ei­er­wit­te styf en glan­send is. Vou die klap­per in.
Vul die deeg met ’n tee­le­pel kon­fyt. S­kep die ei­er­wit­meng­sel bo­op en be­dek die kon­fyt heel­te­mal. Bak 8­ tot 10 mi­nu­te tot die me­rin­gue goud­bruin is.
NOTA:   Ek het nie die deeg vooraf gebak nie. Het alles saamgebak tot mooi bruin.
Ongeveer 20-25 minute.