

MACARONI EN KAAS MET SPEK
500 g pak macaroni
1 blik gesnyde tamaties
1 pak 200 g spek
2 uie, gesny
250 ml melk
2 eiers
2 koppies Cheddar kaas
3 eetlepels suiker
5 ml Aromat
paprika
Verhit oond oond op 180°C.
Kook macaroni tot sag. Braai uie en spek saam in groot pan tot gaar. Gooi blik tamaties by en Aromat en suiker. Gooi water af van macoroni. Meng macoroni en spek en uie saam en skep dit in oondbak. Strooi kaas oor.
Klits die 2 eiers en melk in ‘n maatbeker en gooi stadig oor kaas en macoroni.
Strooi liggies paprika oor.
Bak op 180°C vir 20 minute tot eier melk mengsel gestol is en kaas mooi bruin is.
Foto: Sonja Beukes Oosthuizen
Resep geplaas deur Sonja Beukes Oosthuizen






