

KAAS, SPEK EN UIE SKYFIES
3 hande vol aartappel skyfies (skinny fries)
1 pakkie spek
2 uie, in skyfies gesny
1 teelepel knoffel
½ teelepel origanum
genoeg kaas, gerasper
Steers speserye
Maak skyfies gaar in olie en dreineer. Braai die spek, uie, knoffel en origanum saam in ‘n pan met botter tot lekker bruin. Skep die skyfies in ‘n glas bak (meng met Steers speserye) en strooi die spek mengsel oor. Strooi kaas bo-oor en bak op 180°C tot kaas gesmelt is. Dien op saam met vis. Ek het bloukaas sous vir die vis gebruik.
Foto en resep: Juanri Van Der Walt






