

IDEES VIR BROODSLAAI
Ek het ‘n baie goeie wenk. Dit klink vreemd, maar dit werk die beste vir broodslaai. Wanneer jy jou brood in blokkies gesny het, pak dit op ‘n bord/glasbak en sit in in die mikrogolf vir 2-3 min (doen 1 min op ‘n slag tot jou blokkies lekker hard is)
Dit klink vreemd, maar dit werk wonderlik. Ek hou nie daarvan om dit in olie te braai nie, want dan is dit vir my te olierig. Wanneer jy dit in die mikrogolf maak, word dit ook nie pap as jy jou sous oorgooi nie.
Ek sit ook so paar blokkies geblikte pynappel en klein tamatietjies in my broodslaai, saam met bros gebraaide spek, spruituie fyngekap, geblikte pitmielies, skuifies agurtjies en blokkies Cheddar kaas. Heerlik!
Heidi Van der Merwe – Ken jy al Broodslaai?
4 tot 6 snye witbrood in blokkies gesny, Korsies en al. Braai in olie tot ligbruin . Dreineer op kombuispapier. Ja “croutons”.
2 hardgekookte eiers, in blokkies gesny
Ongeveer 200 g Gouda kaas in blokkies gesny
2 tot 4 soet/suur agurkies in blokkies gesny
Ongeveer 200 ml mayonnaise
knippie suiker
knippie sout
1 eetlepel mosterd of meer na smaak
2 eetlepels olie. Ek gebruik sonneblomolie
Meng die sous bestanddele saam en hou eenkant.
Net voor julle eet, sit alles bymekaar in ‘n bak, meng met sous.
Chante Putter – Dis die resep wat ek gebruik:
75 ml suiker
5 eiers (geklits)
75 ml asyn
75 ml water
5 ml mosterdpoeier
45 ml mayonnaise
45 ml room of ongegeurde jogurt
Klits die suiker lepels-gewys by die eiers. Meng die asyn, water en mosterdpoeier en klits by die eiermengsel. Roer die sous oor matige hitte tot dit begin verdik. Verwyder van die stoof en klits die sous goed met ‘n eierklitser. Laat afkoel. Roer die mayonnaise en room by.
Idees, foto en resep geplaas deur: Chante Putter






