

TROPIESE TERT
Resep en foto: Yvonne Little (Naude)
FOOD LOVERS RECIPES
2 koppies bruismeel
1 ½ koppies suiker
2 teelepels koeksoda
2 piesangs, fyn gedruk
1 teelepel sout
2 eiers
1 blik 420 g fruit cocktail met sous en al byvoeg
Meng alles saam in mengbak.
Gooi in gesmeerde tert bak (gebruik cook and spray).
Bak 45 min op 180ºC, toets net of heeltemal deurgebak het (nadat ek die oond afskakel, los ek dit nog so ‘n bietjie in die oond).
Sous:
½ koppie ideal melk
1 koppie suiker
½ koppie klapper
4 eetlepels gesmelte botter of margarien
1 teelepel vanilla essence
Kook saam vir 5 min en gooi oor tert sodra dit uit die oond kom, maar prik die tert met vurk sodat die sous kan intrek.






