SOETSUUR HOENDER LEWERTJIES
1 ui, gekap
½ groen soetrissie, gekap
½ pakkie sampioene, opgesny
1 tamatie, gekap
500 g skoongemaakte hoenderlewertjies
1 eetlepel Worcestersous
1 eetlepel tamatiesous
1 eetlepel blatjang
bietjie Aromat
paar druppels soyasous
sout en peper
Braai die uie en soetrissie saam tot dit verkleur.
Voeg dan tamaties en sampioene by en braai nog ‘n klein bietjie.
Ek gebruik olyf olie en botter (opsioneel) saam, maar baie min.
Voeg ‘n skeut wit asyn oor die mengsel en voeg dan geurmiddels na smaak by.
Voeg Worcestersous, tamatiesous, chutney, paar druppels soyasous en aromat, sout en peper na smaak by.
Onthou soyasous het baie sout, wees maar versigtig vir te veel.
En laaste so ‘n knippie suiker met maas of karringmelk of selfs room kan gebruik word.
Kook net deur en bedien.
Resep en foto: Susan Sussiena Wagenaar Mitchell
Submitted nuwe blog