


SWART WILDEBEES SIRLOIN ROOSMARYN ROL :
Neem heel sirloin, sny sy punt af, om sommer aan te kou terwyl jy kook. Verkieslik saam met ‘n glasie chardonnay.
Sny die sirloin in 2 gelyke stukke. Sny ‘n stukkie van die afval vleis, sit in mond, kou en sluk met wyn af.
Spiraal sny al twee sirloins versigtig oop soos ‘n A4 papier.
Klad droog die vleis en vat ‘n slukkie wyn.
Strooi growwe swart peper en sout, druk die peper en sout in die vleis met jou hande.
Maak anti kleef pan baie warm en seël die vleis vinnig. Haal uit en plaas roosmaryn takkies op die vleis en rol styf op.
Bind met tou vas en plaas roosmaryn takkies op die vleis deur dit onder die tou in te druk oral, reg om die rol.
Sit weer sout en peper buite om die rol.
BRAAI die vleis rol in ‘n pan met olyf olie tot lekker bruin.
Haal vleis rol uit die warm pan en laat rus.
NB die vleis binne in die rol is nog rou, het ‘n baie lekker smaak.
Sny die rol so dun as moontlik.
Bedien met fyn gekapte rou rooi ui, kapers, balsamiese asyn, olyf olie. Skink nog ‘n glasie wyn en geniet.
Resep en foto: Marchant Steenkamp






