


SJOKOLADE CRUNCHIE STAFIES
2 houertjies room (500 ml)
1 blikkie kondensmelk
4 Crunchie sjokolades
coconut tea biscuits of koekies van jou keuse
Klits room styf.
Gooi blikkie kondensmelk by en klits weer tot styf.
Breek 3 van die Crunchies en meng met mengsel.
Pak koekies onder in 2 broodpannetjies.
Skep helfte van die mengsel in een pan en die ander helfte in ander pan.
Breek laaste Crunchie en strooi bo oor die twee pannetjies.
Maak toe met kleefpapier en sit in vrieskas oornag.
Sny in blokke, dit is rerig baie lekker.
Foto en resep: Marian van Deventer







geskuif