
DADELPOEDING
200 g dadels, ontpit en in dun skywe gesny
2,5 ml koeksoda
200 ml kookwater
75 ml botter
175 g donkerbruin- of muscovado-suiker
10 ml fyn gemmer
10 ml fyn gemengde speserye
5 ml vanieljegeursel
3 eiers
500 ml bruismeel
200 ml botterkaramelstroop
vla vir voorsit
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Plaas die dadels in ’n bak saam met die koeksoda en water. Roer en sit eenkant. Meng die botter, suiker en speserye in ’n groot mengbak tot lig en donsig. Klits die vanielje en eiers, een op ’n slag, in terwyl jy goed meng tussen byvoegings.
Voeg die meel by en klits goed. Gooi die dadels en hul vloeistof in en meng om ’n loperige beslag te vorm. Gooi in ’n gesmeerde, oondvaste bak en bak 45 min. tot die bokant goudkleurig is en ferm wanneer daaraan geraak word.
Wanneer die poeding uit die oond is, verhit die stroop tot loperig. Steek gate oral in die poeding met ’n toetspen. Giet die warm stroop oor en laat dit by die poeding insuipel. Laat staan 15 min. en sny dan in vierkante. Sit voor saam met vla.
Resep geplaas deur Laetitia Peters Hartzenberg
Alternatief vir die karamelstroop
Elize de Kock Die is die beste sous ooit.
30 ml botter
100 ml bruinsuiker
100 ml spice gold rum.
Verhit die botter suiker en rum . Roer tot suiker opgelos is en prut vir 5 min. Skep stroop oor koek of poeding. Amanda het dit oor ‘n piesang koek gegooi. Hemels. Sal dit oor enige iets gooi wat sous vra.






