

“AIRFRYER” FRIKKADELLE
Vanaand lekker Airfry Frikkedelle gemaak met mash en railway gravy en soet wortels.
Frikkadelle so ± 20 min in Airfryer.
500 g maalvleis
1 ui, fyn gekap
1 eier
2 snye brood sonder korsies, in melk gedoop
bietjie droë pietersielie
bietjie Jimmy’s seasoning
Alles saam gemeng en bolle gerol.
Dan so ± 20 min in Airfryer.
RAILWAY SOUS:
https://www.foodloversrecipes.com/2015/11/destydse-parkstasie-restaurant-bruinsous/
Soetwortels is net ‘n klein bietjie water en ¼ koppie bruin suiker, kook sag, dan sonder deksel dat hy kan droog kook, dit word dan lekker tammeletjie.
Resep en foto: Johan Westenberg






