

DESTYDSE PARKSTASIE RESTAURANT BRUINSOUS
SPOORWEG STASIE SE BRUINSOUS
(WAT BY PASTEI VAN DIE DESTYDSE PARKSTASIE RESTAURANT GEKOM HET)
RESEP INGESTUUR DEUR Daleen Miessner
Die oorspronklike resep praat van ertjie meel.
FOTO: KOOS VAN DER MERWE
FOOD LOVERS RECIPES
Nota: Ek het die ertjiemeel in hierdie resep verander na kekerertjiemeel toe, omdat ons terugvoer was dat die ertjiemeel regtig nie lekker smaak nie.
900 gram kekerertjiemeel * Lees asb onder aan.
3 pakkies beesstertsop
500 g Bisto
900 g koekmeel
Bietjie maalvleis, opsioneel
Sif die bestanddele drie keer saam.
Hou dit in ‘n houer in die yskas en haal uit wanneer jy dit wil gebruik, byvoorbeeld.
Braai 1 ui saam met ‘n bietjie maalvleis.(opsioneel)
Meng 1 koppie van die droë bestanddele met bietjie water en maak ‘n pasta.
Plaas in kastrol by vleis en uie, roer goed, en voeg water by om ‘n lekker sous te vorm.
Koos van der Merwe:
‘n Mens het mos 5 sintuie.
Een is om te sien dis hoekom ek fotos vir julle laai as ek kos maak
Twee is om te touch dis nou maar seker op facebook as jy die knoppie druk en se Like
Reuk kan ek net vir julle probeer verduidelik maar hier is nou n reuk knoppie
Proe dieselfde as reuk en hier is n proe knoppie
Hoor dis nou as ek lees watse comments julle skryf dan moet ek hoor wat se julle
Ek het daai stasie bruin sous probeer. Resep op die blog
Oral waar ek gaan vra vir ertjie meel en die mense vra wat wil ek maak en ek se stasie bruin sous dan se hulle Oh dis Bisto
Dischem hier by my het gehoor van Ertjie Meel maar verkoop dit nie
Toe gaan ek Checkers Hyper toe en sien niks. Ek vra toe n Indier vrou en sy baie behulpsaam vertel my alles en die regte naam volgens haar
ChickPea Flour
Sy se ook hulle gebruik dit on sous te verdik en as n bindmiddel. Volgens haar sal ek by enige Indier speserye plek dit kry en se daar is baie in Laudium
Op pad besluit ek om maar in te hardloop by Woolworths en daar kry ek ChickPea flour. Proe vir my soos rou grondboontjies
By die huis gekom en die mengsel volgens die resep gemaak maar net n derde van als. Dit is op die einde n hele kosblik vol poeier en ek het dit ook 3 keer gesif soos hulle se om mooi te meng.
Uie gebraai nie vleis by gesit nie
Drie eetlepels van die Poeier en ‘n halwe beker water toe is dit soos gom. Beker vol water gemaak en weer geroer toe raak dit ‘n pasta
Alles by die gebraaide uie gegooi en nog n beker water tot dit vir my reg was vir n Pie Gravy
Die Bruin/swart kolletjies is gebraaide uie. Ek het die sous laat staan vir 30 minute sodat die poeier darem gaar word.
Ek het bietjie sout en peper by gegooi
Nou is daai drie suie
So lyk dit Pie Garvy geen chips vanaand.
Die eerste foto is die klaar gemenge poeier.
Ek weet hoe ruik dit – Blerrie lekker
Ek weet hoe proe dit wag dat my vrou maar sê
Maar julle kan maar Like







geskuif
Christa Steyn
Ek het dit gister gemaak, is baie lekker. Sal volgende keer net bietjie sout en baie grif gemaalde pepper by voeg, ek het kekerertjie meel gebruik.
Die liter vloeistof wat gebruik moet word, het ek verminder na 650 ml toe
Koos van der Merwe
Nie omdat ek dit gemaak het nie maar ek sal een ding se dit is die lekkerste sous wat ek in baie jare ge-eet het op n pastei. Ek ken Bisto en ek ken Oxtail sop in n sous maar dink werklik die ertjie meel gee tog net n ander smaak
Koos van der Merwe
Rina ek het nie maalvleis gebruik nie. Ek weet nie of in daai dae die maalvleis was om bietjie vetterig heid in die sous te kry nie. Dit kan nie vir die smaak van die vleis gewees het nie want die Oxtail sop poeier en die Bisto het klaar n vleis geur.