

ROOI FLUWEELKOEK
3 koppie koekmeel
halwe koppie mielieblom (maizena)
3 koppie witsuiker
halwe koppie kakao
1 eetlepel koeksoda
1 en halwe teelepel bakpoeier
1 en halwe teelepel sout
4 groot eiers
1 en halwe koppie natuurlike yogurt
1 en kwart koppie warm water
halwe koppie olie
1 teelepel vanilla geursel
1 teelepel wit asyn
2 eetlepels rooi voedsel kleursel
Verhit oond 180 grade C, botter 3 koekpanne (9 inch) of bespuit met nie-kleefwerende middel.
Meng meel, suiker, mielieblom, kakoa, koeksoda, bakpoeier en sout saam. Gooi al die nat bestanddele by en meng deeglik. Verdeel in panne en bak vir 30 -35 minute. Versier met roomkaas versiersel.
Nota: Dit is ‘n heerlike klam koek, en kan vir 5 dae gebêre word.
Resep en foto: Doreen Loots







Geskuif