AARTAPPEL FONDANT
4 – 5 middelslag aartappels, geskil en fyn gekook (mash)
1 pakkie spek (bacon strips), gerooster tot lekker ferm “crispy”, dan fyngekap
1 koppie gerasperde kaas
kruie soos pietersielie en roosmaryn, fyngekap
sout na smaak
Laat “mash” afkoel, meng al die bestanddele saam, plaas in bak, maak gelyk sodat die dikte ± 40 mm is.
Sit dan in yskas vir so 30 – 40 minute. Haal uit maak sirkel met glas of vorm die grootte om eiergeel te kan bevat.
Maak holte in middel, diep genoeg vir eiergeel (eiers geskei, geel moet nie breek nie).
Plaas eiergeel in elke holte en seël met nog ‘n sirkel van aartappel.
Rol aartappel versigtig in meel dan eierwit en laaste in brood krummels.
Braai in olie tot albei kante lekker bruin is en bedien met gunsteling gereg.
Genoeg vir 2 – 3 persone.
Resep geplaas deur Walter Bender
Foto: Walter Bender