

MA SE BOONTJIESOP IN DIE DRUKPOT
1 pakkie red speckled beans, oornag geweek in kook water
1 houertjie tamatie puree
sop bene
stowe vleis
vark spek
3 wortels
3 stingels seldery
2 uie
3 huisies knoffel
pietersielie
2 blokkies bees aftreksel
1 eetlepel elk van die volgende; koljander, tiemie, origanum, basil
1 teelepel elk van die volgende; komyn, sout, peper
3 naeltjies
3 lourierblare
Worcestersous en blatjang, na smaak
500 ml tuisgemaakte bone broth
pakkie tamatie bredie pakkie sous
Pak jou drukpot met uie, wortels, knoffel en seldery.
Pak dan jou bene, vleis en spek. Gooi jou speserye oor.
Plaas bone bo-op.
Gooi jou bone broth bo-oor.
Sit drukpot op hoog tot hele storie begin kook, sit dan op auto vir so 6 ure en daarna op low oornag.
Ek sit dit lank op, my keuse.
Haal bene uit, murg moet uit wees al.
Voeg dan jou pakkie tamatie bredie poeier by.
Bedien met tuisgemaakte vetkoek en kaas.
BONE BROTH RESEP:
sop bene
skenkels
stowevleis bene
sout en peper, na smaak
tiemie en pietersielie 1 teelepel van elk
3 lourierblare
3/4 koppie asyn
3 stingels seldery
3 wortels
3 knoffel huisies
2 uie
Week bene behalwe vleis bene in 1 liter water saam met asyn vir ‘n uur.
Braai jou gekerfde ui, seldery, knoffel en wortels in bietjie olyf olie in stoompot.
Gooi jou vleis bene by en geweekte bene saam met asyn water en res van die bestanddele in pot.
Kook vir 20 tot 22 uur op laag.
Resep: Lelane Van Der Walt
Foto: Lelane Van Der Walt







geskuif