

ELAINE SE SWARTWOUD KOEK (BLACK FOREST)
250 ml kakao
500 ml koekmeelblom
500 ml witsuiker
500 ml karringmelk
10 ml bakpoeier
2.5 ml koeksoda
5 ml sout
125 ml kookolie
60 ml sjokolade morsels (choc chips)
4 groot eiers
2 blikke ontpitte swart kersies oornag geweek in
125 ml kirsch
125 ml botter / margarine
4 koppies versiersuiker
60 ml espresso
750 ml varsroom
45 ml kirsch
15 ml gelatien
90 ml water by kamer temperatuur
Stel oond op 180 grade C. Smeer 4 laagkoekpanne en voer uit met bakpapier. Smeer die papier ook. Jy kan ook twee panne gebruik en jou koeklae halveer wanneer klaar gebak.
Meng kakao, meel, suiker, bakpoeier, koeksoda en sout.
Klits eiers, olie en karringmelk saam. Meng geleidelik by jou droe bestanddele in, meng tot net gemeng. Roer sjokolade morsels in.
Verdeel mengsel tussen koekpanne en bak 35 – 40 (vir 2 lae) en sowat 20 – 25 minute vir 4 panne, of tot gaar. Koel af vir 10 minute in panne. Verwyder en plaas op afkoel rakkies.
Druk gaatjies met tandestokkie in koek en gooi kirsch (waar jou kersies in geweek het) oor. Laat heeltemal koud word.
Klits botter tot romerig en voeg versiersuiker bietjies bietjies om die beurt met die afgekoelde espresso by. Klits tot goed romerig en indien te styf gooi klein bietjie kirsch by.
Halfveer jou kersies. Deel vulsel in 3 gelyke dele. Plaas een koeklaag op opdienbord en smeer vulsel bo op. Pak laag kersies op. Doen so met al die lae, maar los boonste laag sonder versiering. Draai kleefplastiek om die koek en sit in yskas vir 1 – 2 dae.
Op die dag wat jy die koek gaan bedien: meng gelatien met koue water in koppie en los eenkant. Klits room tot sagte punte vorm. Gooi kirsch bietjie vir bietjie by terwyl jy deurentyd die room klits. Smelt gelatien deur koppie in bakkie met warm water te sit. Laat dit effens afkoel, maar oppas dat dit nie stol nie…. Meng bietjie van die room daarby in en gooi dan alles by jou room terwyl jy deurentyd klits, totdat room stywe punte vorm. Oppas vir oorklits!! Vul jou versierbuis met room en plaas in yskas. Versier nou die koek bo op en langs kante met room. Spuit room rosette op koek en strooi fyn sjokolade oor. Ek het sommer sjokolade met aartappelskiller gesny. Ook van die orige kersies bo op gesit.
Resep en foto: Elaine Steyn Steyn






