


BEESPOOTJIE EN SKAAPVLEIS BUNNY CHOW
Plaas beespootjies en skaap vleis, gemeng (soveel soos jy wil hê) in die stoompot en stoom so 25 minute saam met een opgekerfde ui.
Voeg nog ‘n gekapte ui en aartappelsby saam met:
chicken spice
peperkorrels
‘n kwart lepel kerrie (ek gebruik mild)
1 beef stock pot
Stoom weer so 15 minute.
Plaas oor in ‘n ander groot kastrol en voeg by:
1 pakkie knorr mild durban curry
1 pakkie knorr savoury mince
1 pakkie spagettie bolagnaise
ongeveer 125 ml room
15 ml suiker
borrie vir kleur
Prut vir ongeveer 5 minute. Dit moet souserig wees, anders voeg nog water by.
Vat kwart broodjie of half vir ons manne hol brood uit en skep mengsel in, sit die brood wat uit die korsie geskep is bo-op.
Resep geplaas deur Liza Botes
Foto: Liza Botes






