

KOOLKOP MET MAALVLEIS VULSEL
½ kopkool
500 gram maalvleis
2 eetlepels fyn knoffel
¾ teelepel rissie vlokkies
1 teelepel sout
1 teelepel gemaalde swartpeper
2 eetlepels tamatiesous
1 eetlepel blatjang
1 teelepel sojasous
3 eetlepels botter
1 koppie gerasperde kaas
1 gekerfde ui
Braai die uie ‘n rukkie tot deurskynend en hou eenkant. Braai die maalvleis tot gaar en voeg die knoffel, blatjang, sojasous, tamatiesous, rissievlokkies, sout en peper by.
Hol die kool groot genoeg uit en los ‘n buite rand van omtrent 25 sentimeter dik. Strooi ‘n bietjie sout en peper in die dop en plaas dit in ‘n ronde oondvaste bak en giet die vleismengsel daarin.
Ek het die uitgeholde stukkies kool rondom die koolkop in die bak gepak.
Plaas dan die botter op die buiterand van die kool en bedek met foelie.
Bak in n voorverhitte oond op 180°C vir een uur tot die kool gaar is.
Haal die foelie af en strooi die kaas oor en verhit ‘n paar minute sodat die kaas kan smelt.
Ons het dit saam met soetpatat en avo geniet.
Foto: Gideon Louw






