

HALF MAAN TERTJIES
2 koppies water
2 eetlepels margarien
sout
Bring tot kookpunt.
Voeg by 2 koppies gewone koek meel. Roer tot deeg ‘n bal vorm.
Haal van stoof af en laat effe afkoel. Knie deeg so bietjie en laat deeg heeltemal afkoel.
Rol uit en druk sirkels uit. Vul met kerrie maalvleis.
Vou deeg en knyp kante vas. Rol in geklitste eier en dan in krummels.
Verpak en vries. Haal uit en deep fry net so gevries.
Heerlik vir kosblikke.
Resep en foto:Marlize Williams






