


FYN WILDSVLEIS VIR PASTEIE
2 x 6 liters stoompotte vol springbok kookvleis bene oornag in asyn water.
2 groot uie 1 per pot
200 g spek in klein stukkies per pot
sout en peper
1 koppie asyn per pot vir oornag
½ teelepel fyn koljander
½ teelepel fyn naeltjies
6 heel peperkorrels per pot
2 oxo beef blokkies 1 in elke pot
Laat lê vleis oornag in asyn water.
Spoel volgende oggend baie goed af tot daar nie meer bloed is nie.
Kook vleis met al die kruie en sout en peper, spek en uie en beef blokkie tot dit van die been afval.
Dit neem so 3 ure op matige hitte.
Skep alles uit en haal vleis van bene af en maak lekker fyn.
NOTA: Deur kookproses proe of daar genoeg van alles is na smaak.
Ek het na ek vleis afgehaal en fyngemaak het ‘n koppie chutney deur geroer.
Vir pasteie het ek gekoopte deeg gebruik.
Heerlik op broodjies.
Dit maak 2 x 2 liters roomys bakkie vol na ontbeen.
BRON: Gideon Louw het my gehelp
FOTO: Ronell Muller Boshoff






