GIDEON SE 4 LAAG VERRASSINGS KOEK
Met my en vroulief se tjoklit dag viering het ons die reuse koek saamgestel.
Dit bestaan uit 4 verskillende koeke wat gebak is met ‘n 25 cm deursnee pan en die totale hoogte is 22 cm.
Een is ‘n rooifluweelkoek, ‘n lemoenkoek en 2 klam sjokolade koeke met mayonaise waarvan een koek half uitgehol is en gevul is met met ‘n sjokolade en roomvulsel.
Vulsel :
200 g wit sjokolade
125 ml room
15 ml kitskoffiekorrels, opgelos in 20 ml kookwater
50 g bruinsjokolade, fyngekap
80 g versiersuiker
Berei die vulsel :
Smelt die sjokolade by 70% krag in die mikrogolf oond.
Roer elke dan en wan.
Voeg die room en koffie by en klits vir 5 min met ‘n draadklitser totdat die mengsel verdik.
Voeg die gekapte sjokolade by en meng.
Sif die versiersuiker by en meng goed.
Die vulsel kom in een van die sjokolade koeke wat uitgehol is.
Versiersel:
75 g botter
100 g bruin melksjokolade
260 g versiersuiker
50 ml melk
Smelt die botter en sjokolade saam op 70% krag in die mikrogolf oond en roer dan en wan.
Sif die versiersuiker en voeg dit afwissellend by met die melk.
Klits die mengsel aanhoudend tot glad en blink.
Ons het dié resep ver-vierdubbel.
Bak die koeke waarvan die een uitgehol is.
Plaas die een koek op ‘n plat bord en smeer met ‘n laag versiersel.
Plaas dan die uitgeholde een bo op en giet die vulsel daarin.
Smeer die vulsel oor die hele oppervlak sodat dit ‘n laag vorm.
Plaas dan die ander koek bo op gevolg met ‘n laag versiersel.
Plaas dan die laaste koek ook gevolg met ‘n laag versiersel.
Gebruik die res van die versielsel en smeer rondom die hele koel.
Pak dan ‘n klompie gekoopte sjokolades bo op die koek.
Foto en resep: Gideon Louw
Link lemoenkoek:
https://www.foodloversrecipes.com/2013/06/lemoen-koek-riana/
Die is die link vir die fluweelkoek se resep sonder die bykomstighede
https://www.foodloversrecipes.com/…/gideon-se-rooi-fluweel-…/
Sjokolade met mayonaise koek link
https://www.foodloversrecipes.com/…/klam-sjokolade-koek-met…/