

LEMOEN KOEK – RIANA
4 groot eiers
2 kop castor sugar
250g margarien- gesmelt
2 kop koekmeel
4 teelepels bakpoeier
400 ml karringmelk
lemoensap – halwe koppie
gerasperde lemoenskil
Klits eiers en castor sugar baie goed, tot romerig. voeg botter by, klits en dan die meel en bakpoeier,en laaste die karringmelk en lemoensap en skil.
Gooi in 2 ronde koekpanne en bak by 180 grade C vir 30 minute.
Vir die icing het ek gewone botter versiersel aangemaak en bietjie lemoensap en skil ingesit.
Vir die dik sous wat so afloop, het ek 1 sakkie orley whip en bietjie kondensmelk geklits, en suurlemoen skil opgerasper!
Heerlike klam koek
Foto en resep: Riana du Plessis






