

CURT SE SKAAPRIBBETJIE IN DIE OOND
Lekker vinnige sondag middag lams ribbetjie in die oond.
1 lamsrib
olyf olie, vir smeer
Robertson Rosemary & Garlic spice, tot smaak
½ ui, in skywe gesny
2 wortels, redelik groot gesny
± 350 ml Robertson Natural Sweet Rooiwyn
Vat die rib en smeer met olyfolie, spice dan met Rosemary & Garlic spice. Voeg die ui en wortels by. Laat vleis en groente lê in die rooiwyn. Druk dan in oond 180°C vir 90 min of tot lekker sag en sappig.
Geniet ☺
Resep en foto: Curt Carstens






