WALTER SE LEKKER MALVA POEDING
1 koppie suiker
1 koppie meel
1 koppie melk
1 eier
3 eetlepels appelkoos konfyt
2 eetlepels botter
½ teelepel sout
2 teelepels vanilla essence
1 teelepel koeksoda
2 teelepels bruin asyn
Sous
250 ml klappermelk
3 eetlepels suiker
Meng botter, eier en suiker klits tot ‘n ligte geel kleur. Gooi asyn in melk met vanilla. Meng droë bestanddele en gooi eers die helfte van droë mengsel by eier en suiker dan helfte van melk, klits tot gladde mengsel en voeg die res by, klits weer tot gladde mengsel.
Gooi in gesmeerde bak of in kolwyntjie pan of in miniatuur brood pan. Ek doen die laaste twee aangesien dit lekker enkel porsies gee +- 6-8.
Plaas in voorverhitte oond op 180 grade C en bak 40-45 min, alle oonde verskil, so kyk maar wanneer dit wegtrek van kante af.
Sous: ek hou daarvan om klappermelk te gebruik wat warm gemaak is met so suiker wat ek bo-oor gooi.
Bedien met ‘n keuse van vla, roomys of room.
Resep en Foto: Walter Bender
Geskuif