

CHANTèLLE SE LEKKER KAAS BRAAI BROODJIE
1 pak gekoopte deeg
1 pakkie bruin uiesoppoeier
gerasperde kaas (na smaak)
250 ml vars room
Maak deeg in bolletjies en pak in ‘n bak/pot.
Strooi soppoeier oor. Gooi room oor. Gooi kaas oor. Bak teen 180°C vir 40 min. Toets of gaar.
Ek breek hom op in bolletjies en sny dit dan in snytjies. Baie lekker.
Resep en foto: Chantélle Saayman






