

BAIE MAKLIKE HOENDERPASTEI
3-4 ontbeende hoenderborsies, gaargemaak, afgekoel en in blokkies gesny
knippie sout en varsgemaalde swartpeper
1 medium ui, gekap
knoffel na smaak
1 pakkie sampioensoppoeier
500 ml melk
Braai ui en knoffel tot deurskynend in botter/margarien/olie. Voeg hoender by. Meng soppoeier met melk en roer by. Roer mengsel tot verdik en gaar (3-5 min).
Kors:
Meng tot ‘n gladde, loperige deeg:
1 koppie koekmeel
2 teelepels bakpoeier
½ koppie melk
½ koppie olie
1 eier
Skep hoender in ‘n geskikte oondbak (ek spuit altyd met spray ‘n cook), gooi deeg oor en bak op 180°C vir ongeveer 30 min tot goudbruin en gaar.
Resep en foto: Gillian Kruger Vermeulen







geskuif
Andrina de Lange
Ek het sampioene en aartappels klein blokkies gesny en ook by die hoender stukkies gesit met die uie. Die resep kan jy verander soos jy dit verkies baie lekker as jy n gas stoof het bak op 200c. Geniet dit is heerlik