BAIE MAKLIKE HOENDERPASTEI

BAIE MAKLIKE HOENDERPASTEI
3-4 ontbeende hoenderborsies, gaargemaak, afgekoel en in blokkies gesny
knippie sout en varsgemaalde swartpeper
1 medium ui, gekap
knoffel na smaak
1 pakkie sampioensoppoeier
500 ml melk

Braai ui en knoffel tot deurskynend in botter/margarien/olie. Voeg hoender by. Meng soppoeier met melk en roer by. Roer mengsel tot verdik en gaar (3-5 min).

Kors:
Meng tot ‘n gladde, loperige deeg:
1 koppie koekmeel
2 teelepels bakpoeier
½ koppie melk
½ koppie olie
1 eier

Skep hoender in ‘n geskikte oondbak (ek spuit altyd met spray ‘n cook), gooi deeg oor en bak op 180°C vir ongeveer 30 min tot goudbruin en gaar.
Resep en foto: Gillian Kruger Vermeulen