SUE-ANN SE LEKKER KERRIEVIS
2 kg vismootjies, die was stokvis
750 ml asyn
2 koppies suiker
4 uie in ringe, gesny – halwe ringe werk ook goed
10 droë perskes, bietjie kleiner gesny
25 ml borrie
12.5 ml kerrie poeier
10 ml sout
6 peperkorrels
4 kruienaeltjies
4 lourierblare
40 g mielieblom
2 eetlepels appelkooskonfyt
Droog die vis af met handdoekpapier en geur dit aan beide kante met sout en peper en sprinkel ‘n bietjie suurlemoensap of asyn oor.
Rol die vis nou in die koekmeelblom tot dit heeltemal bedek is.
Braai die vis in matige warm kookolie tot gaar sowat 4 minute aan ‘n kant.
Hou ‘n bietjie van die asyn om die mielieblom mee aan te maak.
Gooi die res van die bestanddele behalwe die mielieblom in ‘n kastrol en verhit tot kookpunt en kook dit dan vir ‘n kwartier met die deksel op.
Maak die mielieblom met die asyn aan tot ‘n gladde mengsel en roer dit by die kerriesous.
Kook dit ‘n paar minute tot dik en gaar.
Gooi ‘n bietjie sous in gesteriliseerde fles gevolg met stukkies vis in lae tot die bottel vol is, gaan so aan tot alles gebottel is.
Ons het die sous verdubbel om genoeg te hê om die vis te kan bedek.
Wenk : moenie die sous te dik maak nie anders loop dit moeilik in tussen die stukkies in die potjies en ook nie die stukke te groot nie dan pak dit moeiliker in die potte.
Resep: Sue-Anne van Jaarsveld
Foto: Gideon Louw – Kerrievis resep by sue Sue-Anne van Jaarsveld gekry
gekry en is heeerlik en hou laaaaank tot vyf jaar in die koelkas en smaak sommer nog vorentoe.
Gideon Louw
Die kerrievis wat ek van snoek gemaak het is nou byna 1 jaar oud maar smaak net al hoe lekkerder