

TUISGEMAAKTE TAMATIE EN UIE SOUS
Pap, boerewors frikkies en tuisgemaakte sous.
Druk die vleis uit jou gunsteling boerewors en rol in klein balletjies.
Meng 1 koppie mieliemeel met 4 eetlepels (of na smaak want dis warm!) Robertson’s Masterblends se pittige Shisanyama speserye. Rol die vleisbolletjies in die meel.
Braai in vlak olie tot mooi bruin en bedien met die pap en sous of met pasta.
Tamatie en uie sous:
6 ryp tamaties, skille in kookwater verwyder
2 gekapte uie
1/2 seldery stingel, opgekerf
1 wortel, grof gerasper
4 eetlepels tamatie puree
2 knoffel toontjies, gerasper
Braai die uie, seldery, knoffel en wortel in bietjie olie vir so 10 minute.
Kap die tamaties en voeg by die gebraaide uie mengsel.
Sit die tamatie puree by en prut vir 15-20 min tot tamaties sag en gaar is.
Geur met sout, peper en bruin suiker om suur te neutraliseer.
Bedien saam met pap of pasta.
Foto en Resep: Elsabie Templeton






