

KONDENSMELK MELKKOS
1 blik kondensmelk
2 koppies water
1 liter melk
1 koppie koekmeel
125 ml botter
bietjie sout
Meng kondensmelk, water en melk saam in kastrol.
Voeg suiker by as dit nie soet genoeg is nie.
Vryf die botter in die meel in, sodat dit soos broodkrummels lyk.
Voeg sout by.
Wanneer melkmengsel warm is word die meelmengsel bygevoeg en geroer totdat alles saam kook.
Roer tot dit dik word en prut so 15 minute. 😊
Bedien warm met kaneelsuiker.
Foto en resep: Mari Kovacs Parkin







Geskuif