

KLAM VANILLA KOEK MET SAGTE VANILLA VERSIERSEL
Ek het hierdie Klam Vanilla Koek gemaak die naweek vir my verjaarsdag! Heerlik sag en definitief vir die soettand!!
2.5 (325 g) koppies koekmeel
4 teelepel bakpoeier
½ teelepel sout
¾ koppie botter (kamertemperatuur)
1½ koppies (310 g) suiker
3 eetlepel olie
1 eetlepel vanilla ekstrak
4 groot eiers
1 ¼ koppie (300 ml) melk
Berei reghoekige (26 x 38 cm ongeveer) pan voer met bakpapier. Skakel oond aan op 176°C.
Meng die meel, bakpoeier, en sout in medium bak.
Voeg botter, suiker, olie en vanilla in ander groot bak en klits tot lig in kleur en donserig, omtrent 3-4 minute.
Voeg eiers een vir een by, meng tot omtrent heeltemal gemeng na elk.
Voeg helfte van droë bestanddele by die mengsel tot omtrent heeltemal gemeng.
Voeg melk stadig by tot goed gemeng, die beslag sal ‘curdled’ lyk, maar dit is reg so.
Voeg die orige droë bestanddele by, moenie dit oormeng nie.
Bak vir 22-25 minute.
Verwyder koek van oond en laat afkoel vir 2-3 minute, dan plaas op afkoel rak en laat koud word.
Sagte Vanilla Versiering:
2 koppies botter, sag
6 koppies gesifte versiersuiker
1 teelepel vanilla extract
Meng tot sag en romerig vir ongeveer 2 minute. Voeg suiker ½ koppie op ‘n keer by, klits in vanilla en sout, meng tot sag.
Resep en foto: Zinelle Mulder







geskuif