

RIB EYE STEAK
Naand bobaas kokke ek het vanaand Rib Eye steak gemaak met kapokaartappels, wortels, geroosterde pampoen en ‘n mengelslaai.
50 ml suurlemoen sap
50 ml olyf olie
2 teelepels masterblends braai spice
Meng goed saam en gooi oor die steak en marineer vir so 2 ure.
Vleis moet teen kamer temperatuur gehou word.
Ek het dit in ‘n pan gaargemaak en was perfek medium gewees.
Maak gaar volgens smaak.
Laat die vleis rus voordat bedien word.
Ek het die pan souse oor die kapokaartappels gegooi.
Die kapokaartappels het ek aartappels gekook tot sag met sout en peper na smaak.
Ek het die aartappels fyn gemaak met botter en so bietjie room.
Die wortels het ek gekook tot sag met Tannie Ina se Veg spice.
Die pampoen het ek gerooster in die oond met bietjie sout, peper en olyf olie.
Die mengelslaai is nie op die foto nie maar ek het tamatie, feta, red pepper, yellow pepper, spring onion, avo en komkommer saam gemeng met sout en peper.
Foto en Resep: Juanita Vermeulen






