


PRUTPOT HOENDER NOEDELSOP
1 groot prei, opgekerf
3 wortels, opgekerf in klein blokkies
2 seldery stingels, opgekerf
handvol selderyblare, gekerf
2 liter hoender aftreksel
1 x 400 g blik hoendersop
4 hoender fillette, heel
3 takkies tiemie
1 pakkie hoender noedelsoppoeier
1 pakkie cream of chicken soppoeier
1.5 liter water om soppoeier mee te meng
1 ½ koppie rou klein skulpnoedels
sout en peper na smaak
Gooi al die bestanddele behalwe soppoeiers en rou noedels in prutpot.
Prut op hoog vir ongeveer 6 ure.
Maak soppoeier aan met water.
Voeg saam met die rou noedels in die prutpot, meng goed deur en prut vir nog ‘n uur.
Haal die tiemie takkies uit, breek die vleis kleiner met ‘n vurk en bedien warm met vars brood of vetkoekies.
Ek het sommer snowflake se magwinya mix gebruik om vetkoekies te bak.
Resep en foto: Charleen Nieuwenhuizen
2de foto: Amelia Momberg







Amelia Momberg : Die resep is heerlik dankie! ek het ‘n halwe liter water gelos want my pot was naby aan vol en ek het ‘n 6.5 liter pot.