

LIPLEKKER LEMOENSOUS HOENDER
Kook 6 hoenderstukke tot gaar.
Kook 2 groot geskilde aartappels in kwatte gesny tot gaar.
Pak hoender en aartappels na dit gaar is in groot oondbak/glasbak.
LEMOEN SOUS:
*(my man het sy eie afmetings gemaak so hy het nie ‘n resep vir dit nie. Hy het net kort-kort bly proe soos wat hy byvoeg)*
Maak jou eie sous deur die volgende saam te meng:
100% lemoensap
blatjang
mayonnaise
baie min Worcestersous
Gooi sous oor hoender en aartappels, maak toe met foelie en bak in oond op 200°C vir 45 minute.
SOET WORTELS
Sny 3 wortels in ringetjies en kook tot gaar en dreineer.
Voeg die volgende by en meng goed saam:
1 eetlepel botter
1 teelepel kaneel
2 teelepels suiker
BOONTJIES
1 pakkie boontjies, gekerf
1 klein geskilde aartappel, in stukkies gesny en kook saam met die boontjies tot jy dit kan mash.
Braai ‘n halwe pakkie gesnyde spek, 1 ui en ‘n blikkie sampioene saam in ‘n pan tot gaar.
Mash die boontjies en aartappel saam tot fyn na dit gaar is.
Gooi 4 eetlepels margerien in en roer tot dit gesmelt is.
Voeg spek, uie, en sampioene in die boontjies by.
Peper en sout na smaak.
Meng goed saam.
Voeg sous oor rys en oor hoender as jy opdien.
Genoeg vir 3 mense.
Baie lekker op ‘n koue wintersdag saam met ‘n glas rooi wyn! Geniet!
Foto en resepte: Juanri Van Der Walt






