

LASAGNA MET LINT PASTA
500 g lint noodles
1 groenrissie, gekap
2 uie, fyngekap
1 knoffelhuisie, gepers (of enige knoffel soos jy verkies)
15 ml olie vir braai
1 kg maalvleis
3 tamaties, geskil en gesny
1 x 60 g tamatiepaste
10 ml suiker
5 ml oreganum
2 lourierblare (optioneel)
sout en peper na smaak
gerasperde kaas
Braai ui, groenrissie en knoffel in olie tot sag, voeg maalvleis by en braai tot bruin. Voeg tamaties, tamatiepaste, oreganum, suiker, lourierblare en sout en peper saam.
Kook pasta tot gaar.
Maak ‘n witsous (ek maak maar soos ek wil en gebruik my eie hoeveelhede):
50 g margarien
50 g meelblom
500 ml melk
In ‘n bak, pak noodles, maalvleis en witsous in lae. Strooi gerasperde kaas bo-oor. Bak teen 180°C tot kaas gesmelt en bruin is en die gereg deurgebak het.
Resep en foto: Tanya Niemand van Schalkwyk






