

KASERIGE KAPOKAARTAPPELKOLWYNTJIES
Kook die aartappels in soutwater met bietjie olyfolie in tot sag. Dreineer die aartappels en maak dit goed fyn met ‘n aartappeldrukker.
Voeg aromat, aartappelspeserye en gemengde kruie by na smaak. Voeg ‘n knypie bakpoeier, klontjie botter en druppel melk by en meng deur tot lig en donsig.
Voeg gerasperde kaas by en meng deur. Skep die mengsel in ‘n gespuite kolwyntjiepannetjie, garneer met kaas en sprietuie. Bak die kolwyntjies in ‘n warm oond tot die kaas en randjies goudbruin verkleur, verwyder van die oond en laat afkoel.
Sny liggies met ‘n mes die kante van die kolwyntjies los, keer die pannetjies om en laat staan dit so tot afgekoel.
Kap die pannetjie op die bodem en lig dit stadig op om die kolwyntjies uit te dop.
Foto en resep: Lelane Van Der Walt






