

NICO SE PIKANTE SKAAPLEWER MET PYNAPPEL
Ek hou van iets soet-suur wat ‘n effens branderige na-smakie agterlaat. Die lewertjie is dan ook minder wild.
(My eetlepels en teelepels is hoogvol)
500 g skaaplewer
300 g maalvleis
1 medium pynappel, opgesny
1 gekapte ui
1 blikkie tamatie en uie smoor
½ koppie asyn
2 eetlepel suiker
1 teelepel gekapte knoffel
2 teelepels sout
2 teelepels swartpeper
2 teelepels kerrie
2 teelepels paprika
1 teelepel komyn
1 teelepel koljander
1 blokkie skaap ekstrak
In ‘n medium pot/kastrol, braai ui, pynappel en knoffel in bietjie olie totdat ui glasig is en skep uit.
Braai lewer vinnig in dieselfde pot met sout en peper totdat lewer se bloederigheid weg is, en skep uit.
Braai maalvleis in dieselfde pot met sout en peper tot bruin.
Voeg uiemengsel en lewer by maalvleis tesame met al die ander bestanddele en prut vir 5 minute.
Proe en verstel sout, peper, asyn en suiker na smaak. (Dis belangrik).
Foto en resep: Nico Conradie






