

GIDEON SE AARTAPPELKOEKIES (HASH BROWNS)
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw
FOOD LOVERS RECIPES
4 medium grootte aartappels, geskil en gerasper en gespoel tot die water skoon is
1 medium ui, fyngekerf
1 koppie koekmeel
1 teelepel knoffelvlokkies
2 geklitste eiers
sout en peper na smaak
olie om in te bak
Meng die aartappels, meel en eiers saam met die sout en peper en ander bestanddele tot ‘n beslag nie te droog nie.
Verhit die olie in ‘n pan op die kole of op die stoof en skep groterige lepels vol en druk effens plat. Bak aan beide kante tot goudbruin.






