

SOET SUUR PASTA GEREG
Vir die pasta liefhebbers
1 pak macaroni
1 bakkie wit sampioene of blikkie sampioene, afgewater
2 pakkies Sweet and Sour sous van Royco
2 uie
3 tamaties
1 pakkie spek stukkies (Bacon bits)
250 gram rump steak
halwe teelepel knoffel
Steak en Tjops speserye
sout en peper na smaak
genoeg kaas
Maak bietjie olie warm in groterige pan. Sorteer uie. Gooi steak wat in repies gesny is in en braai saam, daarna die sampioene. Voeg nou die spek by en braai alles saam.
Voeg nou die speserye en sout en peper by.
Laat prut so paar minute.
Maak nou die 2 pakkies Sweet and Sour sous aan met 500 ml kookwater en meng goed, voeg by vleis mengsel en kook nog ‘n paar minute, moet nie droog kook nie.
Kook macaroni tot gaar en water af. Gooi helfte van die macaroni in ‘n groterige oondvaste bak, gooi nou helfte van die kaas oor.
Sit nou skyfies tamatie op en voeg dan al die vleis mengsel oor. Gooi nou die oorblywende macaroni oor en strooi die laaste kaas oor.
Bak in oond op 180°C tot kaas mooi gesmelt is.
Die is my vroutjie se resep.
Resep en foto: David Naude






