

REUBEN SE BEESSTERT
Braai 1 groot ui opgekerf in stoompot met bietjie olie tot bruin.
Sit beesstert in saam met uie en bruin vleis.
Voeg die volgende by en braai saam:
2 eetlepels worcestersous spice
1 eetlepel knoffel sout
1 eetlepel barbecue speserye
Voeg by 2 koppies warm water en sit deksel op.
Stoom vir 40 minute.
Skil 4 groot aartappels, sny in kwarte voeg by vleis saam met 1 pakkie gemengde groente.
Stoom vir 15 min.
Haal deksel af en laat prut.
Meng 1 eetlepel maizina met 1 eetlepel bisto in ‘n koppie water voeg by en draai hitte af, laat stadig prut tot alles gaar en die sous lekker dik is.
Yummy!
Foto en resep: Reuben K Coskey






